'n Stofwolk van opgewondenheid word bederf deur die skreeugeluid
Oorywerige-gelowige.
Jy sal nie verstaan nie.
'n Dowwe glimlag, bleek gesig
Perspektief verminder, dowwe lig.
Jy sal nie verstaan nie.
Ek wil nie verval nie, maar dis uiters
Opwindend om julle almal so te sien.
Hoe lyk my oë, wat gaan ek, ek hierna verdien.
'n Swanger vrou, sluit 'n hoofstuk af
Haar denke rus, maar deur haar are draf
Besoedelde nektar, 'n leë skelet
Ek d*** dis tyd vir nog 'n gebed.
Met swaarde bespiegel sy hande gekleef.
Jy sal nie verstaan nie.
Oorywerige-gelowige.
Jy sal nie verstaan nie.
'n Dowwe glimlag, bleek gesig
Perspektief verminder, dowwe lig.
Jy sal nie verstaan nie.
Ek wil nie verval nie, maar dis uiters
Opwindend om julle almal so te sien.
Hoe lyk my oë, wat gaan ek, ek hierna verdien.
'n Swanger vrou, sluit 'n hoofstuk af
Haar denke rus, maar deur haar are draf
Besoedelde nektar, 'n leë skelet
Ek d*** dis tyd vir nog 'n gebed.
Met swaarde bespiegel sy hande gekleef.
Jy sal nie verstaan nie.