.

Verdwyn Lyrics

Herinneringe waai weg soos winter datums
Jou beeld verdor in my hart en my asem
Deur die leë geboue van blinde verlange
Het ek na jou geloop en roep vir maande
Maar jy was altyd iewers in die gange of agter 'n gordyn
En het ewig vlietend agter my om die hoek verdwyn

Verdwyn
Verdwyn

Ek wandel alleen oor strate en strande
Met niks behalwe die wind in my hande
Ek ken die koue vertrekke van binne en buite
En droeë gesprekke net ek op my eie
Maar jy was altyd iewers in die gange of agter 'n gordyn
En het ewig vlietend agter my om die hoek verdwyn

Verdwyn
Verdwyn
Verdwyn
Verdwyn

Verdwyn
Verdwyn

Woorde & Musiek: Valiant Swart
TAB: Werner Brand
Report lyrics