Vanaand het ek gesien hoe my vriend se oë traan
Soos reën om die snare se geroep na die liefde
Wat geloop het, so onder deur die maan
Vanaand het ek verstaan en vir my vriend aanhou sing
Uit die halleluja vol blues wat klop in my bors
En klokslag liefde en warmwater bring
As die bitter branders uit my vingers sypel
En my woorde wapper soos wit verslete seile
Sien ek jou soms deur die stoom van die dans
En skree jou naam oor 'n koue oseaan
En skree jou naam oor 'n koue oseaan
Vanaand het ek onthou hoe my vriend kon lag en dans
Met die vrou van sy drome wat tango
met gewone ouens soos hy, soos hy
Woorde & Musiek: Valiant Swart