.

Waar Was Jy Lyrics

Al die draaie op my pad
Het nog altyd baie lank gevat
En die vlaktes van die Vrystaat
Het die wêreld weggevat
Toe die horison sy strepe
Met 'n kwas om my kom spat
Sou Dali als kon teken
Met die kleure al die kleure van my hart
Waar was jy
Toe die winde my wou stilmaak
Waar was jy
Toe die donderweer my sterk maak
Toe die mure voor my wegraak
En die ure vir my kort raak
Sê my waar was jy
Sê my bietjie waar was jy
By Bloemfontein verby
Om my hart in die Karoo te kry
Beaufort-Wes wys suid
Du Toitskloof tonnel anderkant uit
Toe die berge in die Boland
Hulle voete om my lê
Was stiltes in my hartland
Genadebrood toe ek vir jou wou sê
Waar was jy
Toe die winde my wou stilmaak
Waar was jy
Toe die donderweer my sterk maak
Toe die mure voor my wegraak
En die ure vir my kort raak
Sê my waar was jy
Sê my bietjie waar was jy
Waar was jy waar was jy
Waar was jy waar was jy
Waar was jy waar was jy

Woorde & Musiek: Theuns Jordaan
Report lyrics
Tjailatyd (2002)
Soos Bloed Hanne Gesiggie Straat Troebadoere As Ek Vra Tjailatyd Hoe Draai Die Wind Dan Nou Moenie Vermiste Mense Alleen Sonder Jou Buitekant Waar Was Jy Laslappie