.

Makiesakie Lyrics

Is jy oud of is jy jonk, nugter of dronk?
Van kleins af al geleer om op 'n stage te p***k
Is jy wit of is jy swart, bruin of rooi
In 'n hoed of in 'n jas, jou beste baadjie getooi?
Makie sakie, buite makie sakie, my mens
Buite makie sakie

Het ek jou al gesê dat ek vir jou wil hê?
Het ek jou al vertel ek's meer as net jou pel
Hoekom het jy gesê die rook het al gaan lê
Hoekom het jy vertel dit is die hemel toe's dit al die tyd die hel
Makie sakie, gister makie sakie, my mens
Gister makie sakie

Die wêreld se dinge en die rook se ringe
Jy soek na lewensbrood want binne voel jy dood
Maar gister tot vandag het jy lekker gelag
Maar jou oë voel vuil en jy begin te huil
Makie sakie, trane makie sakie, my mens
Trane makie sakie

Het ek jou al gesê dat ek vir jou wil hê
Het ek jou al vertel ek's meer as net jou pel
Hoekom het jy gesê die rook het al gaan lê.....
En hoekom het jy vertel dis die hemel toe's dit al die tyd die hel (x2)

Woorde & Musiek: Theuns Jordaan
Report lyrics
Vreemde Stad (2001)
Klein Verbond Onthou Jy Nog Skipskop Makiesakie Beautiful in Beaufort-Wes Sonvanger Visserman Skielik Is Jy Vry Vreemde Stad Lalie Hakieshart Sien Jou Weer Loslappie Mengelmoes Liedjieboer Mengelmoes