Julle kruisig my met spykers vir woorde, druk die dorings in om my te laat voel hoe julle d*** dit moet wees.
Julle wys na my met skokkende gesigte, kom en pynig my met al die aanmerkings.
Kom stenig my terwyl ek reeds dood is, krap my wonde oop en julle sal sien my are is n pad van haat
Mense is so bang
Vir alles wat hulle
Nie kan verstaan
Ek sal bloei vir alles wat ek in glo, maar dis nooit genoeg, julle breek my af en ek bou myself weer op.
Al my wonde is letsels van inbegrip, dit herinner my aan die vernedering.
Net ek verstaan wat als met my aangaan, trek jou woorde terug of julle sal sien my are is n pad van haat!
Mense is so bang
Vir alles wat hulle
Nie kan verstaan
Woorde kom na my, dit is alles net in haat.
moederfokker, pyn, dit is al wat ek verstaan.