Op 'n springkasteel bou ek 'n lugkasteel.
Ek wonder hoe dit sal wees - ek wonder hoe jy my lees?
Want ek d*** alweer, ek d*** aan elke keer
Ek moet jou vergeet ek weet ek sweer ek probeer ma' ek kannie!
24 uur was genoeg vir jou om alles in twee te vou!
24 uur en ek wonder by myself ... hoe lank gaan hierdie girl in my kop nog delf?
Jy's 'n Lucky Strike (al is dit nou net vir iemand anders)
Jy brand korter en korter soos die lont van 'n bom en as jy ontplof
byt die hele wêreld in jou stof.
Jy is elke boek wat nog ooit geskryf was -
jy weet mans is van Hemel en vrouens is van ... Verkeerdevlei!