.

Ek d*** Aan Jou Lyrics

Buitekant lê 'n tarentaal se veer

en ek wonder wat ek hieruit kan leer
Daar is baie myle tussen doen en sê,

want alles wat is, was al gewees.

Om agter 'n glashuis se deur te staan

en hoop niemand sien jou daar,

'n Honderd en een besluite geneem,

maar alles bly ongedaan

KOOR:

Ek ruik die soet geur van muskus,

wat hang in die gang

en ek d*** aan die pêrels op jou lyf

Buitekant lê die sneeu en wag

om 'n sneeuman te word wat breed glimlag
Ek wil niks meer bewys nie,

ek het my versoen,

ek het alle stasies aangedoen.

Ek het die lewe se vreemde paaie geloop,

'n goeie begrip is net 'n halwe woord.

Aandagtig gesit, ek het die tyd bekyk,

alles gedoen wat gedoen moes word.

KOOR:
Ek ruik die soet geur van muskus

wat hang in jou gang

en ek d*** aan die pêrels op jou lyf

Ek ruik die soet geur van muskus

wat hang in die gang

en ek d*** aan die pêrels op jou lyf (x2)

O, ek ruik die soet geur van muskus

wat hang in die gang

en ek d*** aan die pêrels op jou lyf

en ek d*** aan die pêrels op jou lyf

en ek d*** aan die pêrels op jou lyf.
Report lyrics
Op Aanvraag... (2001)
Ou Ryperd Tussen My En Jou Joey Op My Ou Ramkietie Ek d*** Aan Jou Diep Spore Dobbelstene Kouevuur Liza Se Klavier Kandas Kronkelpad Beloftes Herfs Jantjie (In Zoeloe) Zoeloe Keurspel