.

My Hart Is in Afrika Lyrics

Die rooi son kom op
Kleure ontplof
Op die horison
Die roep van Visarend
So siel Bedarend
Dat vrede kom
`n Nuwe dag vol vreugde
Vol sagte beloftes
Omring my
My hart klop vol lewe
Die opzwinding bewe
Ek is t`rug
Koor
T`rug in Afrika
Jy`s my erfland
My huis weg van die huis
My verliefland
Ek wil uit jou strome drink
In jou kranse my weerklink
In my hartslag
Elke hartslag
Pols jou ritme
Jy blom harmonie
In mens en in dier
Soet versugting
Jy pols deur my bloed
`n Oerstem wat roep
Soet ontwrigting
Jou mense breek grense
waar andere sou bots
Diep ontspanne
As ek van jou gaan
Voel ek telkemaal
Diep verlange
Koor X 2
O`Afrika
Jy`s my erfland
My huis weg van die huis
My verliefland
Ek wil uit jou strome drink
In jou kranse my weerklink
In my hartslag
Elke hartslag
Pols jou ritme
O`Afrika
Jy`s my erfland
My huis weg van die huis
My verliefland
Ek wil uit jou strome drink
In jou kranse my weerklink
In my hartslag
Elke hartslag
Pols jou ritme
Report lyrics