.

Afspraak Lyrics

as almal oplaas verdaag
en jy jou weer verlate voel
en die deur dig toemaak
die ligte een vir een afskakel
en onderneem om more op te ruim
sal jy my inneem?

niemand hier sal jou verlaat nie
niemand hier sal jou verlaat nie
bly by my
wanneer die klanke van die fees
een vir een wegsypel in die skeure
van jou stilwordende huis

die groot groot leegte dig gevul
met niks tot oorlopens toe stil
sal jy my inneem?
niemand hier sal jou verlaat nie
niemand hier sal jou verlaat nie
niemand hier sal jou verlaat nie

vergeet ook nie ons afspaark nie
bly by my
Report lyrics